Nuusbrief 9/2017

Beste Musiekvriende,

Henry Arland: Die schönsten Liebeslieder

As dit kom by ligte musiek, word Henry Arland beskou as die “koning van die klarinet.”
Met snitte soos “Feelings, Unchained Melody, A Whiter shade of Pale” en nog baie meer bevat die CD lekker luister musiek.

 

James Last: 80 Greatest Hits (3 CD set)

James Last en sy orkes was baie jare bekend vir die GROOT verskeidenheid musiek wat hulle gespeel het. Op CD 1 is daar snitte soos “ La Bamba, Rivers of Babylon, Y Viva Espana” ens. Op CD 2 het hy bekende Klassieke Musiek stukke gevat en verwerk in ‘n ligter styl. Op CD 3 kry jy o.a. “ The Lonely Shepherd, Spanish Eyes” ens. Die 3 CD stel kan jou ure se genot verskaf en kan ek ten sterkste aanbeveel vir lekker agtergrond luistermusiek!!

 

Phil Coulter: Highland Cathedral

Phil Coulter is in 1942 in Ierland gebore en is vandag nog ‘n musikant en liedjie skrywer. Veral snitte soos “ Home from the Sea, Winter’s Crossing” en die ongelooflike mooi stuk “Highland Cathedral”, mag hy maar musiek maak. As jy nog nooit van hom gehoor het nie, luister asb na Highland Cathedral. Dis iets BESONDERS!!

 

Astor Piazzolla: 20 Greatest Hits

Astor Piazzolla is in Argentinië gebore en was beskou as dié Tango komponis. Hy was ook ‘n bandoneon speler en het tradisionele tango musiek verwerk met ‘n ligte jazz en Klassieke gevoel. As jy van dié tipe musiek hou, skaf die cd gerus aan!!

 

Al Bano & Romina Power: Felicita

Dié bekende Pop duo was veral gewild in Italië en Europa in die 1980’s. Met treffers soos “Felicita, Sempre Sempre, Liberta” en nog baie meer is dit ‘n heerlike CD met Italiaanse musiek om in jou versameling te hê. Kan dit ten sterkste aanbeveel!!

 

BZN: Singles (3 CD set)

BZN (Band Zonder Naam) was ‘n BAIE suksesvolle Hollandse groep. Hierdie 3 CD stel bevat van hulle mooiste treffers soos o.a. “Waltzing Maria, Wheels on Fire, Yeppa” en nog baie meer. Die mooiste musiek om na te luister!!

 

My aanbeveling vir die maand:

DVD: J.Strauss: Die Fledermaus

(die Vlermuis) met Brigitte Fassbänder, Pamela Coburn, Janet Perry en Eberhard Wächter en Carlos Kleiber : Dirigent
Hierdie DVD opname het vir my al ure se genot verskaf. Die komiese Operette in drie bedrywe is ‘n definitiewe MOET vir elkeen se DVD versameling.

 
Onthou om in te teken op my nuusbrief (sien sykant van bladsy) om hierdie nuusbrokkies elke maand in jou epos te ontvang!
 
Musiekgroete

Heide