Nuusbrief 9/2018

Beste Musiekvriende,

Bruch: Septet vir Klarinet,horing,fagot,2 viole,tjello en kontrabas

Dié werk het Bruch gekomponeer in 1849 toe hy 11 jaar oud was. Die werk bevat ‘n besonderse kombinasie instrumente, wat saam wonderlik klink. ‘n Puik kamermusiekwerk!!
 

 

Don Kosaken: Schwarze Augen

Dié koor word seker as die bekendste Russiese koor beskou en die diep bas stemme in die koor, gee vir ‘n mens hoendervleis. Die CD bevat o.a. die snitte: “Evening bells, Song of Wolga Boatman en Stenka Rasin.” Enige koorliefhebber moet dié CD in sy versameling hê.
 

 

100 Best Film Classics (6 CD Stel)

Dié stel bevat 100 snitte van die mooiste en bekendste musiek uit die flieks.Ses ure se pure luistergenot sluit in o.a. Titanic, Star Wars, Deer Hunter, Schindler’s List en nog baie meer.
 

 

Mozart: Simfonie Nr. 38 – 41 (2 CD Stel)

Hierdie is Mozart se 4 laaste simfonieë en volgens Haydn was Simfonie Nr.41 Mozart se beste werk. Dit bevat ook van Mozart se mooiste melodieë, wat selfs in sy operas gehoor kan word. Sit agteroor en geniet die sielverkwikkende musiek van Mozart.
 

 

Cambridge Buskers (4 CD stel)

Die Britse groep (2 lede) het hulle loopbaan in 1970 begin. Hulle doen hulle eie verwerkings van bekende Klassieke musiek. Die een speel akkordeon en die ander een blokfluit,fluit en ocarina. Deesdae is hulle baie gewild en het al in meer as 20 lande opgetree. Heerlike musiek om na te luister!!
 

 

My aanbeveling vir die maand:

Suppe: Ouvertures

Franz von Suppe was ‘n Oostenryker bekend vir sy operettes en teatermusiek. Hy het 30 operettes gekomponeer, waarvan “Boccaccio” en “die schöne Galathée” die bekendstes is. Hy het ook heelwat ouvertures gekomponeer soos o.a. “Poet and Peasant, Light Cavalry en nog baie meer. Sy musiek is vrolik en opgewek!
 

 

Musiekgroete

Heide