Nuusbrief 8/2017

Beste Musiekvriende,

Schubert: Mis Nr.5 in A mol majeur D 678

Schubert het die koorwerk in 1822 voltooi – ‘n Ongelooflike werk vir 4 soliste en groot koor.
Dit is egter nooit in Schubert se lewe uitgevoer nie. Vir my bly dit een van die mooiste koorwerke!!

 

Brahms: Variasies op ‘n Tema van Haydn (ook genoem St.Anthony Koraal/ Variasies)

Brahms het die variasies in 1873 in Beiere gekomponeer. Dit bestaan uit ‘n tema, variasies en die finale. Die werk het verskyn as ‘n weergawe vir 2 klaviere en dan ook een vir orkes.
 
Die orkes weergawe is die bekendste. As jy dit nie ken nie, luister asb daarna. Dit is besonders!

 

Dvorak: Klavier Trio Nos. 3 & 4 (ook bekend as die Dumky Trio)

Dié Trio is op 11 April 1891 die eerste keer in Praag opgevoer. Dit is geskryf vir Viool, Tjello en Klavier! Seker een van die mees sielsvereikende stukke kamermusiek!!

 

Hummel: Mandolien Konsert

Hummel was ‘n groot virtuoos op die klavier. Hy het o.a 8 klavierkonserte en 10 klaviersonatas gekomponeer en ‘n hele aantal kamermusiekwerke. Dit kan met die Vivaldi mandolien konserte vergelyk word. Indien jy dit nog nie gehoor het nie, luister asb daarna.

Dit raak ‘n mens se hartsnare en laat jou geweldig goed voel!!

 

Mario Frangoulis: Music of the Night

Mario – ‘n Griek is in 1967 in Zimbabwe gebore. Op 4 jarige ouderom gaan bly hy by sy familie in Griekeland. Op 8 jaar sing hy in die koor en toe hy 11 jaar is sing hy die rol van Isaachar in Andrew Lloyd Webber se Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat.

Luister asb na dié fluweelstem!!

 

My aanbeveling vir die maand:

Moods – A World of Emotion (2 cd stel)

‘n Versameling van “ New Age Greatest Hits”. Sluit o.a. snitte in van Enigma, Celtic Spirit, Sarah Brightman, Mike Oldfield, Celtic Woman en nog baie meer. Ek het ondervind dat dit die beste musiek is om te luister om jou gemoed te kalmeer. Probeer dit gerus!!

 
Moods – A World of Emotion
Musiekgroete

Heide