Nuusbrief 7/2018

Beste Musiekvriende,

Hierdie maand wyk ek bietjie af van die inligting wat ek gewoonlik vir julle deurstuur. Hier is 10 besondere opnames wat in elke Klassieke versameling behoort te wees:

Beethoven: Koor Fantasie met Maurizio Pollini (klavier), Weense Filharmoniese Orkes, Claudio Abbado (dirigent)

 

 

Mozart: Vioolkonsert Nr. 3 met Itzhak Perlman (viool), Weense Filharmoniese Orkes, James Levine (dirigent)

 

 

Rigoletto met o.a. Sutherland & Pavarotti, London Simfonie Orkes, Richard Bonynge (dirigent)

 

 

Brahms: Variasies op ‘n tema van Haydn met Berlyns Filharmoniese Orkes, Herbert von Karajan (dirigent)

 

 

Vivaldi: Gloria met Teresa Berganza, Nuwe Filharmoniese Orkes & koor, Riccardo Muti (dirigent)

 

 

Beethoven: Klavierkonsert Nr.5 met Yundi (klavier), Berlyns Filharmoniese Orkes, Daniel Harding (dirigent)

 

 

Mendelssohn: Vioolkonsert in e mineur op.64 met Joshua Bell (viool), ASMF, Sir Neville Marriner (dirigent)

 

 

Sammartini / Vivaldi: Hobo Konserte met Albrecht Mayer (hobo), I Musici di Roma

 

 

Schubert: Simfonie Nr. 8 met Weense Filharmoniese Orkes, Carlos Kleiber (dirigent)

 

 

Haydn: Die Skepping met o.a. Gundula Janowitz, Fritz Wunderlich, Berlyns Filharmoniese Orkes, Herbert von Karajan (dirigent)

 

 
Ek is tans ook besig om nuwe kategorieë op my webwerf in te bring. Sal in volgende nuusbrief meer besonderhede hieroor gee.

Musiekgroete

Heide