Nuusbrief 6/2017

Beste Musiekvriende,

Donizetti: Messa di Requiem

Dié komponis is veral bekend vir sy operas Lucia di Lammermoor,La Fille du Regiment,L’Elisir d’amore en nog baie meer. In 1835 hoor Donizetti van Bellini se dood en besluit toe om die Messa di Requiem te komponeer. Luister asb na die ongelooflike mooi koorwerk.
 

 

Rossini: String Sonatas Nos.1 – 6

Rossini het 39 operas gekomponeer. Behalwe vir gewyde koormusiek het hy ook ses stryk sonatas vir 2 viole,tjello en dubbelbas gekomponeer. Dié mooi musiek sal jou goed laat voel. ‘n Moet vir enige Klassieke Musiek versamelaar.
 

 

Bruch: Konsert vir 2 Klaviere en Orkes

As jy gedink het dat Bruch se Vioolkonsert Nr.1 en sy Skotse Fantasie mooi musiek is, dan moet jy luister na sy konsert vir 2 Klaviere. Die Sutro Sussies het vir Bruch gevra om spesifiek vir hulle ‘n Konsert vir 2 Klaviere te komponeer, wat hy toe in 1912 voltooi het. Dis volgens my een van die mooiste konserte vir 2 Klaviere!!
 

 

Haydn: Concertos

Hierdie CD van Haydn bevat ‘n Trompet Konsert, Hobo Konsert en ‘n Klawesimbel Konsert nr.11. Dit word deur Bennett,Goodwin en Pinnock met die English Concert uitgevoer.

Haydn was veral bekend vir sy Simfonieë en Koorwerke,maar die CD met 3 van sy konserte kan ek sterk aanbeveel. Ongelooflike mooi musiek vir hart en siel!!
 

 

Demis Roussos: In Holland

Die Griek met sy mooi,warm stem sing op dié CD snitte soos Red Rose Café, Eleni, No more boleros, My broken Souvenirs en nog baie meer. Die hele CD verskaf aangename luistergenot!
 

 

My aanbeveling vir die maand:

Verdi: La Battaglia di Legnano (The Battle of Legnano)

Dié Opera is die eerste keer op 27 Januarie 1849 opgevoer en bestaan uit vier bedrywe.

Die opname met Katia Ricciarelli, Jose Carreras en Matteo Manuguerra met die ORF Simfonie Orkes en koor onder leiding van Lamberto Gardelli is volgens my een van die mooiste Opera’s wat ek in ‘n lang ruk gehoor het. Kyk wat sê die Penguin Guide to Compact Disc: “Gardelli directs a fine performance, helped by a strong cast of principals, with Carreras, Ricciarelli and Manuguerra all at their finest. Excellent recording.”
 

 

 

Musiekgroete,

Heide