Nuusbrief 6/2019

Beste Musiekvriende,

C.P.Stamitz: 10 Symphonies

Stamitz was ‘n baie talentvolle komponis wat oor die 50 simfonieë, 38 sinfonia concertantes  en meer as 60 konserte vir viool, tjello, klarinet ,fluit, fagot en nog ander instrumente gekomponeer het. Sy simfonieë is vir my besonders en bied heerlike luistergenot!!

Mozart : Salieri – Rivalry

Salieri wat in Italië gebore is, was ‘n komponis, dirigent en onderwyser en  het hom veral toegespits op die ontwikkeling van opera in die laat 18de eeu. Salieri se mededinger was Mozart en  hulle  musiek klink baie eners. Salieri  kom baie prominent na vore in die bekende fliek van 1984 “ Amadeus.”

Pentatonix: PTX presents Top Pop volume 1

Díe groep sing  a cappella en kom oorspronklik vanaf Texas. Hulle  het ‘n baie besonderse klank en is baie gewild vir hulle verwerkings  van bekende pop liedjies . Geniet die skakel!!

Corlea Botha: Onbreekbaar

Op 5 jarige ouderdom begin sy met sanglesse en in 1996 wen sy haar kategorie as jongste deelnemer by die “ Reik na die Sterre” kompetisie. Sy het ‘n ongelooflike stem en kan van Klassieke musiek  tot Afrikaanse liedjies sing. Sy tree gereeld op by die “Classics  is  Groot’  konserte en  haar stem is  gemaklik  in die hoë en lae register.

Touch of  Class: Magic

Die groep bestaan uit Ruhan du Toit en Deon van der Merwe op kitaar. Ruhan het ‘n besonderse stem, ‘n warmte en diepte wat ‘n mens min in stemme hoor. Hulle optredes trek baie mense en hulle het ‘n wye spektrum van musiek wat hulle tydens hulle konserte aanbied.

Alfie Boe: As time goes by

Hierdie is Alfie Boe se 10de album wat hy in ‘n ateljee in Engeland opgeneem het. Die album bevat hoofsaaklik liedjies uit die 1930 tydperk. Alfie Boe het die volgende oor die album gesê: “ I knew from day 1 that I wanted it to be a New Orleans-style album with the vibe of the city. Even though the songs are mellow and chilled, the album has that style of playing that evokes a honky tonk piano. “

My  aanbeveling  vir  die  maand:

D.Sacrlatti: Sonatas for Organ

Die orrelis Nicola Reniero het 19 van Scarlatti se sonatas gevat wat ingewikkelde voorbeelde van meerstemmigheid  toon en dit verwerk op die orrel, waar die diversiteit van die orrel se registers gehoor kan word. Elke orrel liefhebber behoort  die opname  te geniet.

Musiekgroete

Heide