Nuusbrief 5/2017

Beste Musiekvriende,

Mendelssohn: Simfonie Nr.5

Die werk is in 1830 gekomponeer en bestaan uit 4 bewegings. In die 4de beweging verskyn die tema van Luther se beroemde Hervormingsgesang “Ein feste Burg ist unser Gott”, wat aan die einde van die beweging as ‘n kragtige koraal gehoor kan word.
 

 

Ramirez: Misa Criolla met Mercedes Sosa

Dié komponis is in Argentinië gebore en die Misa Criolla was die eerste mis waar die teks nie in Latyn geskryf is nie. ‘n Resensent het die volgende gesê: “Widely regarded as a stunning artistic achievement, (that) combined Spanish text with indigenous instruments and rhythms.”

 

M. Hirte: Der Mann mit der Mundharmonika

Michael Hirte is definitief ‘n virtuoos op sy mondfluitjie.Ongelooflik!!! Sluit snitte in soos
Ave Maria, You raise me up, Mull of Kintyre, Time to say goodbye ens.

 

Flotow: Martha

‘n Duitse opera wat Flotow geskryf het met bekende arias “Ach, so fromm” en “M’appari” wat Nicolia Gedda so mooi vertolk het. Daar is ook ‘n bekende stuk vir koor “Mach der Himmel euch vergeben” in die opera.

 

Rolando Villazon: Treasures of Belcanto

Villazon sing melodieë van Bellini, Donizetti, Rossini en Verdi. Villazon is in Meksiko gebore en word vandag as een van die beste tenore beskou. Hierdie cd bevat die mooiste musiek soos by. “Vaga luna, che inargenti” van Bellini wat Villazon met sy strelende stem so mooi vertolk. Kan die CD sterk aanbeveel!!

 

My aanbeveling vir maand:

Schubert: Die schöne Müllerin gesing deur Jonas Kaufmann

Dis ‘n sang siklus van 20 liedere wat getoonset is op gedigte van Wilhelm Müller. Kaufmann vertolk dit ongelooflik mooi en word begelei op die klavier deur H.Deutsch. Die opname beveel ek ten sterkste aan!!

 

Ek het vir julle skakels bygesit om na die opnames te kan luister.

Musiekgroete,

Heide