Beste Musiekvriende,
Wat ‘n belewenis!!! Tydens die grendeltyd kon ek heerlik na Opera’s luister en net weereens besef watter hemelse musiek daar in Opera’s voorkom. Ek het toe besluit om van die mooiste musiek (daar is nog tonne meer) met julle te deel. Hoop julle geniet dit!!
Wat is ‘n OPERA: “ ‘n Drama in een of meer bedrywe waarin die karakters nie praat nie, maar sing. Gewoonlik word ‘n OPERA ingelei deur ‘n ouverture, gespeel deur die orkes, en soms word die onderskeie bedrywe voorafgegaan deur orkesinleidings. Dialoog word weergegee óf by wyse van resitatief, óf by wyse van sang, óf by wyse van die gesproke woord. Uitgebreide solostukke vir sangers word arias genoem, passasies vir stemkombinasie het dieselfde name as vir instrumentale werk (bv. duo,trio ens.) Gewoonlik is ‘n koor teenwoordig, en meermale vind ballette plaas.”
Koos Human
Donizetti: Gebed uit Maria Stuarda
Donizetti: “’Ah! mes amis” uit La Fille du Regiment (aria met 9 hoë C’s)
Flotow: Last Rose of Summer uit Martha
Mozart: “Se a caso madama la notte ti chiama”uit die Huwelik van Figaro
Mozart: “Pa- pa- pa” uit die Towerfluit
Verdi: “Libiamo, ne’ lieti calici” uit La Traviata
Verdi: “Ah! si, ben mio… Di quella pira…” uit Il Trovatore
Verdi: ”La mia letizia infondere” uit I Lombardi
Verdi: “Ouesta o quella: uit Rigoletto
Donizetti: “Una furtive lacrima” uit L’Elisir d’amore
Musiekgroete