Nuusbrief 5/2018

Beste Musiekvriende,

Blake: 10th Anniversary

Die Britse groep bestaan uit 3 mans wat in 2007 hulle eerste album vrygestel het, wat binne 3 weke 100,000 kopieë verkoop het. Hulle nuutste CD bevat snitte soos o.a Caruso, Nimrod, Impossible Dream en nog baie meer. Hulle 3 stemme harmoniseer baie mooi saam – dit is musiek vir die siel!!

 

Kozeluch: Cantata for the Coronation of Leopold II,P. XIX:6 : “Heil dem Monarchen”

Het op die die interessante opname afgekom wat in 2017 opgeneem is. Dit is vir my ‘n ongelooflike mooi koorwerk vir soliste en koor en ek kan dit ten sterkste aanbeveel vir iemand wat van gewyde koormusiek hou.

 

Laurika Rauch: Die reis

Laurika Rauch het geen bekendstelling nodig nie en haar musiek word beskou as “hart- musiek. Sy mag maar sing!!

 

John McCormack: Irish Tenor Ballads

John McCormack was ‘n Ierse tenoor wat baie veelsydig was – kon opera arias sowel as ligte ballades baie goed vertolk. Die CD bevat o.a.die snitte : Mother Machree, The Rose of Tralee, When Irish eyes are smiling, The old house en nog baie meer. – ‘n Nostalgiese reis !!

 

Carlos Marin: En Concierto

Carlos Marin is ‘n Spaanse bariton en lid van die bekende groep Il Divo wat al meer as 28 millioen CD’s wêreldwyd verkoop het. In 2016 het hy ‘n solo album uitgebring, wat die warmte en kwaliteit van sy stem weerspieël. Puik opname!!

 

My aanbeveling vir die maand:

Vivaldi: Recorder Concertos – Stefan Temmingh

Stefan Temmingh is in Kaapstad gebore uit ‘n baie musikale familie. Hy is sedert 2010 ‘n lektor aan die Kollege vir Musiek in München. Hy word tans as die beste blokfluitspeler beskou en verskaf die luisteraar heerlike genot met sy opnames.
“Never before have I heard such a clutch of interpretations which have had me hearing each concerto as if for the first time…The playing is top-drawer. Temmingh’s virtuosity is breathtakingly fluid and effortless, and he clearly enters a new world for each of his ‘mini-operas’.” Gramophone Magazine

 
Musiekgroete

Heide