Beste Musiekvriende,
A French Affair (2 cd stel)
‘n Wonderlike verskeidenheid van Franse musiek met kunstenaars soos Paul Mauriat, Michel Legrand, Jacques Brel en nog baie ander. Bevat ook die groot treffer van Serge Gainsbourg/Jane Birkin: Je T’aime moi non plus.
www.youtube.com/watch?v=GlpDf6XX_j0
Beethoven: Missa Solemnis (2 cd stel)
Beethoven het die gewyde mis Missa Solemnis tussen 1819 – 1823 gekomponeer.
Die opname met Anna-Tomowa Sintow, Patricia Payne, Robert Tear en Robert Lloyd met die Londonse Sinfonie orkes en koor o.l. Colin Davis kan ek ten sterkste aanbeveel.
www.youtube.com/watch?v=cbw4z0oc57c
Chopin: Klavierkonsert nr.1 & 2
Lang Lang se droom was nog altyd om die 2 konserte op te neem. Met die Weense Filharmoniese Orkes met Zubin Mehta as dirigent, het sy droom waar geword. Kyk wat sê die resensente oor sy spel: “ their mixture of virtuosic expressiveness and lyrical tone bringing forth some of his most acclaimed performances. ”
www.youtube.com/watch?v=_SDKyGZyORk
Fritz Wunderlich: 50 Greatest Tracks (2 cd stel)
Die Duitse liriese tenoor het ‘n verskriklike wye spektrum van musiek gesing. Van Opera arias, lieder, misse en oratoriums sowel as ligte musiek was deel van sy repertorium. Hierdie versameling kan ek ten sterkste aanbeveel.
www.youtube.com/watch?v=WivrX29dufw
Schubert: Complete Trios (2 cd stel)
Word uitgevoer deur die bekende Beaux Arts Trio en bevat van die MOOISTE kamermusiek wat ‘n mens kan kry.
www.youtube.com/watch?v=YPKxTLvJ_7o
My aanbeveling vir Mei maand:
G.S. Mayr: 2 Concertos in C for Piano & Orchestra. Piero Barbareschi (piano) da Camera dell’Etruria, Paolo Ponziano Ciardi
www.youtube.com/watch?v=092DlerzKmw
Ek het vir julle skakels bygesit om na die opnames te kan luister.
Musiekgroete