Nuusbrief 4/2018

Beste Musiekvriende,

Brahms: Ein deutsches Requiem

‘n Unieke koorwerk gekomponeer tussen 1865 en 1868 vir sopraan en bas solo, koor en orkes en is gebaseer op Bybeltekste. Een van die bekendstes uit die Requiem is seker “Wie lieblich sind deine Wohnungen” (Hoe lief het ek u woning Ps. 84: 1-2,4 ) Dit bly ‘n besonderse koorwerk wat ek ten sterkste kan aanbeveel!

 

Schubert: Duitse Mis

Die werk het Schubert in 1827 gekomponeer vir koor. Dit is gebaseer op ‘n reeks Duitse gedigte deur Philipp Neumann, wat vir Schubert versoek het om die werk te komponeer. Dit bly ‘n bekende en mooi werk wat al deur baie kore gesing is. Volgens my een van die mooiste koorwerke met ongelooflike harmonieë.

 

Vivaldi: Gloria in D RV 589

‘n Groot koorwerk vir sopraan, alt, koor en orkes. Dit bestaan uit die mooiste melodieuse koor gedeeltes en die hele werk se musiek raak aan jou siel. As jy die werk een keer gehoor het, wil jy dit weer hoor. Belê in die musiek!!

 

Rimsky – Korsakov: Klavierkonsert in C-kruis mineur op.56

Volgens my een van die onbekendste klavierkonserte, maar tog ‘n besonderse mooi komposisie. Dié konsert is tegnies moeilik, maar bevat die mooiste melodieë.
Geniet die skakel!!

 

Chopin: Nokturnes (2cd stel)

Die 21 stukke vir solo klavier het Chopin tussen 1827 en 1846 gekomponeer. Chopin het met die musiekstyl “nokturnes” voortgebou op John Field se skepping van die nokturne. Word gesien as ‘n kort, solo klavierwerk en word by elke pianis se repertoire ingesluit.

 

My aanbeveling vir die maand:

Beethoven: Tripel konsert vir klavier, viool, tjello en orkes in C op.56

Hierdie komposisie is UNIEK aan Beethoven en volgens my een van die GROOTSTE werke wat ooit in Klassieke Musiekmark geskep is. Die drie solo instrumente waarvan die tjello die moeilikste deel het, word gekomplimenteer deur die vol orkes en word beskou as sielsverheffende musiek.

 
Musiekgroete,

Heide