Nuusbrief 3/2017

Beste Musiekvriende, 3/2017

Musiek vir PAASFEES:

HANDEL: MESSIAS Seker die mees bekende gewyde oratorium wat in 1741 gekomponeer is vir solo stemme, koor en orkes.Sluit in die “Hallelujah koor”. Die 2 CD stel met Colin Davis as dirigent kan ek sterk aanbeveel.

BACH: MATTHEŰS PASSIE JS
Bach het die gewyde werk in 1727 gekomponeer vir solo stemme,dubbel koor en dubbel orkes.Die verhaal kom uit die Evangelie van Mattheüs Hoofstuk 26 en 27 wat Bach in musiek verwerk het.Daar is ‘n puik DVD opname met die Münchener Bach Koor en orkes onder leiding van Karl Richter.
 
HAYDN: THE SEVEN LAST WORDS OF CHRIST ON THE CROSS
In 1783 word J.Haydn gevra om die werk te komponeer vir die Goeie Vrydag diens in Cádiz Spanje. In 1786 word die werk verander vir vol orkes,in 1787 vir strykkwartet en in 1789 verander Haydn dit weer vir solo stemme,koor en orkes.Dit was die voorloper van sy ander 2 groot koorwerke wat gevolg het nl. Die Skepping en die Seisoene.
 
KOZELUCH: PIANO CONCERTOS 1,5,6
Gebore in Praag en ‘n tydgenoot van Mozart.Hy het die mooiste Klavierkonserte gekomponeer. In die opname Konsert 1,5 en 6 uitgevoer deur London Mozart Players met Howard Shelley op die klavier en as dirigent. Dié musiek inspireer ‘n mens!!

VIVALDI: MANDOLIN CONCERTO
Vivaldi het die besonderse konserte vir luit in 1725 gekomponeer.
In die besonderse opname word die mandolien gespeel deur die 39 jarige Avi Avital wat in Israel gebore is. Sy tegniek en virtuositeit op die mandolien maak hom die beste mandolienspeler in die Klassieke genre. Hy het ook ‘n opname kontrak by Deutsche Gramophon gekry op sy jong ouderdom.Ons gaan nog BAIE van hom hoor.Kan die CD ten sterkste aanbeveel!!

GŰNTER KALLMANN KOOR:ELISABETH SERENADE
Die Duitse koor is in 1961 gestig en was reg oor die wêreld bekend en het ook baie opgetree. Iewers in jou lewe het jy seker al die treffer “Elisabeth Serenade” gehoor,al was dit by jou ouers of oupa en ouma.
ALL ANGELS: INTO PARADISE A British Classical Crossover female group that was formed in 2006.
Nice soothing background music performed by thé most talented female group.

BEST BLOCKBUSTER ALBUM IN THE WORLD…EVER
This 3 cd set contains a selection of music used in the world’s biggest box-office successes eg. I will always love you (Bodyguard),Love is all around (Four Weddings and a Funeral),Show me heaven (Days of Thunder),Up where we belong (An Officer and a Gentleman) and MANY more!
 

My aanbeveling vir APRIL:

DVD: BBC PROMS KONSERT IN DIE ROYAL ALBERT HALL:
Beethoven: Sinfonie nr.6, Dvorak:Viool Konsert gespeel deur Julia Fischer.
Die Tonhalle orkes Zürich word gedirigeer deur David Zinman.

Musiekgroete
Heide