Beste Musiekvriende,
In hierdie nuusbrief wil ek julle graag bekend stel aan gewyde koormusiek!!
Wat is ‘n ORATORIUM: “Die woord kom van oratorio (Italiaans) wat bidsaal beteken. Die vroeë Oratoriums was ook gewyde stukke wat buite liturgiese verband uitgevoer is.Later het dit die vorm aangeneem van groots opgesette, hoofsaaklik godsdienstige werke vir verskeie soliste, koor en orkes, gebaseer op gewyde tekste, maar sonder kostuums en dekor.” Koos Human
Wat is ‘n STABAT MATER: “ ‘n Gewyde Rooms-Katolieke werk wat nie deel was van die gebruiklike liturgie nie.Eers in die agtiende eeu het dit plek in die Missaal gekry.” Koos Human
JS Bach: Markus Passion BWV 247
Beethoven: Christus am Őlberge Op.85
Handel: Saul
Haydn: Die Jahreszeiten (Seasons)
Loewe: Passions Oratorium
Mendelssohn: Elijah Op.70
Pergolesi: Stabat Mater P.77
Steffani: Stabat Mater
Handel: Messiah
Musiekgroete