Nuusbrief 2/2017

Beste Musiekvriende,                                                    

Hierdie maand se interessante musiek brokkies:

 

PRETTY YENDE:

Ons eie Sopraan wat groot opgang oorsee maak, moes gedurende Februarie instaan vir Diana Damrau in die Metroplitan Opera produksie  van  I Puritani (Bellini).Sy het  saam met Javier Camarena,Alexey Markov en Luca Pisaroni gesing. Die resensente het met groot lof van haar sang en die opvoering gepraat.

Haar debuut CD: Pretty Yende – A Jouney    nou beskikbaar!!!

 

XAVIER DE MAISTRE:

Hy is ‘n Franse Harpspeler en het ‘n CD opgeneem van Mozart musiek. Hy het die Mozart:Klavierkonsert Nr.19, Fluit en Harp Konsert en Klavier Sonata Nr.16 verwerk vir harp – ongelooflik mooi!!Hy tree op saam met die Mozarteum Orkes Salzburg met Ivor Bolton as dirigent!!

 

VANGELIS:ROSETTA  

Vangelis is ‘n Griekse komponis wat elektroniese orkes musiek komponeer.

Die Rosetta Spaceprobe Sending (wat in 2004 gelanseer is) het  so baie belangstelling by hom gelok veral nadat hy met een van die ruimtevaders  Andre Kuijpers in verbinding kon tree.Vangelis noem toe sy nuwe CD Rosetta  en het drie jaar daaraan opgeneem en aan die einde van 2016 vrygestel.

Hy is veral  bekend vir musiek in Chariots of Fire,Blade Runner en 1492 – Conquest  of Paradise.

 

SISSEL KYRKJEBO

of net bekend as Sissel  is in Norweë gebore. Met haar besondere  Sopraan stem sing sy gemaklik  ligte musiek,pop musiek sowel as opera arias. Sy het al optredes saam met Mario Frangoulis gedoen sowel  as Placido Domingo, Jose Carreras en Pavarotti. Ons in SA ken haar nie baie goed nie,maar as jy haar die eerste keer hoor, wil jy  MEER van haar hoor.’n Stem wat definitief  aandag trek!!

 

THOMAS HAMPSON:

Sy splinternuwe CDTIDES OF LIFE” bevat lieder van  Wolf, Schumann,Brahms en Schubert en is verwerk vir stem en stryk ensemble.Hy tree op saam met die Amsterdam Sinfonietta. In die opname van Schubert: Ständchen gebruik hy ook die Nederlandse Vroulike Jeugkoor. ONGELOOFLIK MOOI – het nog nooit so ‘n kombinasie gehoor nie (Bariton stem saam met stryk ensemble en jeugkoor stemme)

 

DVD:OPERA GALA – LIVE FROM BADEN BADEN 

met Jonas Kaufmann, Bryn Terfel, Anja Harteros en Ekaterina Gubanova  met die Badische Staatskapelle en Marco Armiliato as dirigent.Hulle doen ‘n verskeidenheid opera arias en duette.’n Puik konsert wat elke jaar  plaasvind en baie voete trek.Word ook gewoonlik opgeneem vir DVD.

 

NICOLAI GEDDA – die Sweedse Tenoor 

is op 91 jaar oorlede. Hy was een van die mees veelsydigste sangers van die 50er jare  en het rolle gesing in o.a.Bizet:Die Pêrelsvissers (my gunsteling), Lehar: Der Zarewitsch, Adam: Der Postillon von Lonjumeau , J.Strauss: Eine Nacht in Venedig en nog vele meer.

 

My aanbeveling vir Maart:

Mozart werke gespeel op akkordeon deur Richard Galliano (ook deur hom verwerk). Sluit in o.a Ronda alla Turca; Serenade No.13, (Eine kleine Nachtmusik), Laudate Dominum, Klarinet Konsert.

Richard Galliano

Musiekgroete

Heide