Nuusbrief 2/2019

Beste Musiekvriende,

D. Lipatti: Concertino in a Classical Style op.3

Lipatti word beskou as ‘n klavier legende en is op ‘n vroeë ouderdom oorlede. Sy klavierspel was ongelooflik. Sy klavierkomposisies het ‘n baie goeie tegniek geverg. Díe spesifieke werk “Concertino in a Classical Style” is ongelooflik mooi!!

 

 

Voces8: Enchanted Isle

Voces8 is ‘n acapella oktet wat al heelwat opnames gemaak het. Die lede se stemme vul mekaar aan en dit is sielsverrykende musiek. Hierdie CD bevat nuwe verwerkings van Skotse en Ierse melodieë en is ‘n aanwins vir enige musiekversamelaar.

 

 

Andrea Bocelli: Si

Bocelli se nuutste CD bevat ligte musiek en ook ‘n duet met sy seun Matteo : ”Fall on me.” Hy het ‘n aantal opera opnames gemaak en sy ligte musiek CD’s soos “Romanza” wat die duet “Time to say goodbye” met Sarah Brightman insluit, het 20 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop. Bocelli kom binnekort in SA twee konserte hou. Definitief iets om na uit te sien!! Hy word beskou as die mees suksesvolste “cross-over” kunstenaar.

 

 

Best 100 Overtures (6 cd stel)

Die 6 CD stel bevat 100 Ouvertures en word deur verskillende orkeste uitgevoer – daar is die immergroen ouvertures, sowel as ook ‘n paar onbekendes. Ses ure se heerlike luistergenot!!
https://www.youtube.com/watch?v=

 

 

Gounod: St. Cecilia Mis

Gounod het hierdie gewyde werk in 1855 gekomponeer vir 3 soliste, gemengde koor, orkes en orrel. Dit is volgens my een van die mooiste gewyde werke en veral die “Sanctus” gedeelte is “hemelse” musiek.
Luister asb en geniet dit!!

 

 

My aanbeveling vir die maand:

Emma Johnson & Friends: Beethoven, Weber & Küffner

Emma Johnson word beskou as ‘n briljante klarinetspeler en is na al die jare nog steeds een van die top verkoper kunstenaars in die Klassieke musiek genre. Op hierdie opname speel sy saam met die Carducci Stryk Kwartet die Beethoven Septet vir klarinet, horing, fagot, viool, viola, tjello en kontrabas. Díe werk van Beethoven word beskou as ‘n hoeksteen in die Kamermusiek genre.

 

 
Musiekgroete

Heide

 

“Music . . . can name the unnameable and communicate the unknowable.” ― Leonard Bernstein