Nuusbrief 2/2018

Beste Musiekvriende,

Pretty Yende: Dreams

Sy het in Piet Retief groot geword en toe sy 16 jaar oud was het sy besluit sy wil opera sing , nadat sy op TV die advertensie van die Britse lugredery gesien het. Die blomme duet uit Lakme wat in dié advertense gebruik is, was vir haar so besonders, dat sy by Virginia Davids gaan sanglesse neem het. Sy het al ‘n hele klomp pryse gewen vir haar sang en tree gereeld in al die groot operasale op.

 

Nicole: Meine Nummer 1

Nicole het Wes-Duitsland in die Eurovisie Sang Kompetisie in 1982 verteenwoordig en die kompetisie gewen met haar groot treffer “Ein bisschen Frieden” (A little peace) . Die spesifieke lied was so ‘n groot sukses, dat dit in o.a in Frans, Deens, Spaans vertaal is. Selfs in SA was dit ‘n groot treffer gewees.

 

Mozart: Klarinet Konsert

Dit was Mozart se laaste instrumentale werk wat hy gekomponeer het. Hy was besonder aangetrokke tot ‘n klarinet en wanneer ‘n mens na die konsert met sy 3 bewegings luister, dan kan jy Mozart se liefde vir dié instrument aanvoel. Dit word beskryf as “Mozart se subliemste komposisie wat mens nie kan help om te sien as ‘n afskeidneming van die wêreld nie.” Die Adagio beweging is gebruik as tema musiek in die fliek “Out of Africa.”

 

Andreas Vollenweider: Favourites

Hy is gebore in 1953 in Switserland en speel harp. Hy het die harp verander na ‘n “elektro-akoestiese” harp en sy musiek word beskou as “new age” musiek. Hy het al o.a. met Bobby McFerrin en Pavarotti opgetree en in 1987 ontvang hy ‘n Grammy vir sy album “Down to the moon.” Die New York Times beskryf sy musiek soos volg: “Swirling atmospheric music, which evokes nature, magic and fairy tales.” Sy musiek laat ‘n mens ontspan!!

 

London Symphony Orcehstra: The Power of Classic Rock

Die orkes doen verwerkings van bekende treffers soos o.a Purple rain, Time after Time, I want to know what love is, Born in the USA, The Power of Love, Thriller en nog baie ander. Dit is baie treffend verwerk en kan gebruik word vir heerlike agtergrond musiek. Ek kan dit ten sterkste aanbeveel.

 

My aanbeveling vir die maand:

David Foster: You’re my inspiration CD/DVD

Hy word beskou as een van die grootste musiek ikone. Is bekend vir sy komposisies en liedjies wat hy al vir groot kunstenaars geskryf het soos o.a. Andrea Bocelli, Celine Dion, Josh Groban, Rod Stewart, Kenny Rogers en nog baie meer. Hy het al met 16 Grammy toekennings weggestap. Puik CD/DVD om in jou versameling te hê.

 
Musiekgroete

Heide