Nuusbrief 12/2018

Beste Musiekvriende,

Sanctus – Sacred Treasures (2 CD stel)

Hierdie versameling bevat van die mooiste koormusiek o.a. Bach, Vivaldi, Pergolesi, Tallis en nog baie meer.
Twee ure se gewyde musiek om jou siel te verkwik!!
 

 

Elina Garanca: Habanera

Op die CD is ‘n verskeidenheid Spaanse en ligte arias , wat Elina Garanca met haar wonderlike mezzo stem puik vertolk. My groot gunsteling op die cd is: Pablo Luna – De Espana Vengo wat haar tegniek en musikaliteit wys.
 

 

Rosetti: Klavier konsert & Simfonieë

Rosetti was ‘n komponis en kontrabas speler van die Klassieke periode. Hy was ook ‘n tydgenoot van Mozart en Haydn en Rosetti se musiek wat ek eers onlangs ontdek het, is vir my asemrowend mooi. Hoop julle geniet die stuk musiek!!
 

 

Mozart: Harp en Fluit Konsert K299

Dié werk van Mozart word seker as een van sy mooiste werke beskou. Die kombinasie van ‘n harp en ‘n fluit is absoluut perfek en saam met ‘n orkes – wat ‘n briljante kombinasie en komposisie wat Mozart geskep het.
 

 

Telemann: Kersfees Kantates

Telemann was ‘n Duitse Barok-komponis wat van die mooiste koormusiek geskryf het. Hy het ook baie musiek vir blaasinstrumente o.a. blokfluit,hobo,trompet geskryf. Sy Kersfees Kantates is vir soliste, koor en orkes geskryf. Geniet die musiek!!
 

 

Bryn Terfel: Dreams and songs

Bryn Terfel, ‘n Walliese bas-bariton het sopas sy nuwe CD uitgereik. Hy doen ‘n paar duette op die CD soos o.a.
“Perhaps love” met Alfie Boe,” Do you love me” met Emma Thompson,” en “ Tell my father” met Katherine Jenkins. Sy solo snitte sluit o.a. in ”I Believe, Trees, Smile en die hoogtepunt van die CD “If I were a Rich Man.”
Geniet sy vertolking van díe besondere snit!!
 

 

My aanbeveling vir die maand:

Christmas at Westminster Abbey

‘n Verskeidenheid van die mooiste Kersmusiek uitgevoer deur die koor van die Westminster Abbey met Simon Preston as dirigent. Die koorklank is iets beonders en hulle vertolking van Kersliedere is uniek.
 

 
Ek wens julle almal ‘n Geseënde Kersfees toe. Mag julle die tyd met familie en geliefdes geniet.

Kersgroete

Heide