Nuusbrief 12/2017

Beste Musiekvriende,

Tchaikovsky: Klavier trio in a mineur

Dit is die enigste werk wat hy ooit gekomponeer het vir klavier, viool en tjello. Volgens Tchaikovsky kon ‘n klavier net effektief wees wanneer dit met ‘n orkes gebruik is of as ‘n begeleiding soos bv met sangstem. Die werk is egter besonders mooi en kan aanbeveel word.

 

100 Best Carols (6 cd stel)

Kersfeesliedere uitgevoer deur o.a. King’s College Cambridge, Clare College Singers, Taverner Consort, King’s Singers, Huddersfield Choral Society en nog baie meer. ‘n Puik versameling van die mooiste musiek vir Kersfees!

 

Verdi: Nabucco

Die bekende opera bestaan uit vier bedrywe en die libretto is gebasseer op die Bybelse boeke Jeremia en Daniël. Die werk word ook beskou as een van Verdi se meesterstukke en bevat die baie bekende koor van die Hebreeuse slawe “Va pensiero”.

 

Saint-Saens: Tjello Konsert Nr.1

Dié Tjellokonsert word as een van die mooiste konserte beskou volgens die tjelliste.
Die konsert bestaan uit 3 bewegings en verskaf baie genot om na te luister. Kan dit ten sterkste aanbeveel!!

 

Paderewski: Klavierkonsert

Paderewski was ‘n Poolse komponis en pianis. Hy het op 12 jarige ouderdom klas begin loop by die Warsaw Konserwatorium. Luister asb na die konsert – dit is puik!!

 

My aanbeveling vir die maand:

DVD: Kersfees met die Freiburger Barok Orkes

met Angelika Kirchschlager, Barbara Bonney en Matthias Goerne. ‘n Duitse Kersfees wat ‘n mens se siel aanraak!!

 
 
 
Onthou om in te teken op my nuusbrief (sien sykant van bladsy) om hierdie nuusbrokkies elke maand in jou epos te ontvang!
 
Kersgroete,

Heide