Nuusbrief 11/2017

Beste Musiekvriende,

Beethoven: Simfonie 1 & 4

Die 2 simfonieë is minder bekend en die 1ste simfonie was die eerste keer uitgevoer by ‘n groot konsert ten bate van Beethoven self. Simfonie 4 word beskou as ‘n “romantiese” simfonie en is in 1806 gekomponeer. Herbert von Karajan saam met die Berlyns Filharmoniese Orkes word as die BESTE vertolkings van die werke beskou. Kan dit ten sterkste aanbeveel!!

 

Ravel: Bolero

Die Franse komponis Ravel het die een-beweging orkeswerk as ‘n balletwerk geskryf. Dié werk bestaan uit 2 temas wat mekaar afwissel. Elke tema bestaan uit 16 mate en elkeen word nege maal herhaal. Met elke herhaling word daar meer instrumente bygesit – briljant!

 

Bach: Kersoratorium BWV 248

Dit is eintlik nie ‘n oratorium nie, maar 6 kantates wat hy in 1734 vir die 6 feesdae van die Kerstyd gekomponeer het bv.die eerste deel (vir Kersdag) beskryf die geboorte van Jesus. Díe werk bly vir my ‘n besonderse groot koorwerk en kan dit aanbeveel vir enige iemand wat van gewyde koormusiek hou.

 

José Cura – Tenoor

Hy is in 1962 in Rosario, Argentinië gebore en het die gehore met sy besonderse stem gaande gehad. Hy het al in Samson et Dalila (Saint-Saens), La Rondine (Puccini) en Cavalleria Rusticana (Mascagni) gesing.

 

Dvorak: Rusalka

Die opera van Dvorak – ‘n Tsjegiese komponis, was vir hom ‘n groot mylpaal. Vir baie jare was die opera net in Tsjeggoslowakye opgevoer, maar is dan later tog ook in Europa gesien. Een van die mees bekendste opera arias “Lied aan die maan” kom uit die opera. As jy dit nog nooit gehoor het, luister asb. daarna. Dit raak jou siel!!

 

Beethoven: Viool Sonatas 5 & 9 (Spring en Kreutzer Sonata)

Viool Sonata no. 5 was opgedra aan Hertog Moritz von Fries en bestaan uit 4 bewegings. Die 9.de Sonata ook bekend as die “Kreutzer Sonata” word as Beethoven se beroemdste vioolsonata beskou. Die kombinasie van viool en klavier het Beethoven puik bemeester en 10 Sonatas gekomponeer.

 

My aanbeveling vir die maand:

100 Best Songs from Musicals (6 cd stel)

‘n Verskeidenheid van die mooiste musiek uit die Musicals uitgevoer deur die beste kunstenaars. Sluit in o.a. Music of the Night, Do-Re-Mi, Any dream will do, Seventy-Six Trombones, Some enchanted evening, Ol’ Man River, Over the Rainbow en nog baie meer. 100 snitte wat ure se luistergenot verskaf!!

 
 
Onthou om in te teken op my nuusbrief (sien sykant van bladsy) om hierdie nuusbrokkies elke maand in jou epos te ontvang!
 
Musiekgroete,

Heide