Nuusbrief 11/2019

Beste Musiekvriende,        

Wat is ‘n SIMFONIE:

“‘n Uitgebereide orkeswerk wat gewoonlik uit vier bewegings bestaan. Die eerste beweging is in sonatevorm, die tweede stadig, die derde ‘n menuet en trio en die laaste beweging ook vinnig. Daar is simfonieë wat net uit een beweging bestaan bv.Sibelius Simfonie Nr.7 en ander met ses bv Haydn Simfonie Nr.60. In sommige simfonieë tree soliste of kore op bv. Beethoven, Mendelssohn.”                              

Koos  Human

In hierdie  nuusbrief  stel  ek julle bekend aan verskillende komponiste wat simfonieë geskryf het.

Beethoven: Simfonie Nr.7 op. 92


Dussek: Simfonie Nr. 1


Eybler: Simfonie Nr. 1


Mendelssohn: Simfonie Nr.2 “Lobgesang”  vir soliste en koor


Schubert: Simfonie Nr. 5


Tchaikovsky: Simfonie Nr. 6  “Pathetique”


Schumann: Simfonie Nr.3  “ Rheinisch”


Mozart: Simfonie Nr. 32 K318


Musiekgroete

Heide