Nuusbrief 10/2017

Beste Musiekvriende,

Rocco de Villiers: Beautiful beautiful piano

Rocco de Villiers word as die “Meester op die klavier” beskou. Sy verwerkings van bekende snitte soos Lara’s se tema, My heart will go on, die Meisie van Avignon en nog baie meer vind groot aanklank by sy luisteraars. Kan die CD ten sterkste aanbeveel vir agtergrond musiek!!

 

Mozart: Vesperae solennes de confessore in C, K.339 met Kiri te Kanawa

Mozart het die werk in 1780 gekomponeer vir koor,soliste en orkes. Dié werk is geskryf vir liturgiese gebruik in die Salzburg Katedraal en bevat die BAIE bekende deel “Laudate Dominum.”

 

Vivaldi: Blokfluit konserte – Erik Bosgraaf (Blokfluit)

Dié konserte is tegnies uitdagend en baie virtuoos. Erik Bosgraaf wat in Nederland gebore is, word vandag as een van die beste blokfluit spelers beskou en verskaf GROOT luistergenot aan die spesifieke CD. Luister asb!!

 

Helene Fischer:Farbenspiel

Helene Fischer is gebore in 1984 en is ‘n sangeres, TV aanbieder en aktrise. Sy hou daarvan om met ‘n groot orkes op te tree. Meeste van haar liedjies is opgeruimd en deur haarself geskryf. Sy het al meer as 14,500,000 items verkoop (CD’s en plate). As jy van Duitse pop musiek hou, kan ek haar aanbeveel.

 

Bruch: Viool Konsert 1- 3 – Slavatore Accardo (Viool)

Bruch se eerste vioolkonsert word beskou as een van die mees romantiese vioolkonserte en val in dieselfde kategorie as die Tchaikovsky, Mendelssohn en Beethoven Vioolkonserte.
Vioolkonsert 2 en 3 is minder bekend, maar vir my ongelooflik mooi. Tegniek en vertolking is baie belangrik in dié vioolkonserte – en gee vir ‘n luisteraar “hoendervleis”.

 

My aanbeveling vir die maand:

Chopin: Works for Piano and Orchestra – Jan Lisiecki (Klavier)

Die Poolse komponis en klavier virtuoos het behalwe vir sy 2 Klavierkonserte wat hy gekomponeer het, ook nog ander werke vir Klavier en orkes geskryf o.a. Andante spianato & Grande Polonaie op.22, Krakowiak – Konsert Rondo op.14 en nog ‘n paar ander. ELKE liefhebber van Klassieke Musiek MOET die opname luister – dit is PUIK!!!

 
Onthou om in te teken op my nuusbrief (sien sykant van bladsy) om hierdie nuusbrokkies elke maand in jou epos te ontvang!
 
Musiekgroete,

Heide