Beste Musiekvriende,
Wat is ‘n CONCERTO: “ ‘n Werk in simfoniese vorm, gewoonlik met drie bewegings, vir een of hoogstens drie soliste met orkes. Word ook konsert genoem.” Koos Human
In hierdie nuusbrief stel ek julle bekend aan verskillende instrumente wat in konserte gehoor kan word.
Vivaldi: Konsert vir 2 trompette in C majeur RV 537
“‘n Koperblaser met drie kleppe en ‘n buis wat uitloop op ‘n kleinerige beker.” Koos Human
Hoffmeister: Konsert vir Kontrabas in E mol majeur
“’n Kontrabas word ook ‘n basviool genoem. Dit is die grootste en donkerste instrument in die vioolfamilie, het vier snare en word met ‘n strykstok bespeel.” Koos Human
Beethoven: Klavierkonsert Nr.2 in B mol majeur op.19
“‘n Klavier is ‘n moderne toetsinstrument waarvan die snare met hamertjies geslaan word. Die klavier het 83 toetse, 50 wittes (die stamtone) en 33 swartes (die tussentone)” Koos Human
Tchaikovsky: Viool Konsert in D majeur op.35
“ ‘n Strykinstrument met vier snare met ‘n omvang van byna vier oktawe. Dit is die hoogste instrument in die moderne familie van strykers en vorm die basis van die simfonieorkes. Ook in kamermusiek, speel die viool ‘n deurslaggewende rol.” Koos Human
Giuliani: Kitaar Konsert Nr.1 in A majeur op.30
“‘n Kitaar is ‘n instrument met ‘n klankkas in die vorm van ‘n 8, ‘n lang nek met drukpunte en ses snare.”
Handel: Orrel Konsert Nr. 4 in F majeur op.4
“ Die oudste klawerbordinstrument – die tone word voortgebring deur wind wat deur ‘n blaasbalk in pype geblaas word. Die aard van die tone word bepaal deur die grootte, vorm en material van die pype.” Koos Human
CPE Bach: Tjello Konsert Nr. 1 in A mineur Wq 170
“ ‘n Strykinstrument met vier snare in die vioolfamilie en in die lae register tussen die kontrabas en die altviool. Word met ‘n strykstok bespeel.” Koos Human
Brahms: Dubbel konsert vir Viool & Tjello in A mineur op.102
“ ‘n Concerto vir twee solo – instrumente en orkes.” Koos Human
Musiekgroete