Nuusbrief 10/2018

Beste Musiekvriende,

Helmut Lotti: The Comeback Album DVD

Na ‘n 2 jaar afwesigheid het die Belgiese sanger en liedjieskrywer Helmut Lotti weer begin met konserte en CD opnames. Hy was veral bekend vir sy CD/DVD opnames :Helmut Lotti goes Classic 1-3. Hy het oor die 13 miljoen albums wêreldwyd verkoop en het 90 platinum en 70 goue albums gehad. Hierdie DVD is ‘n wonderlike konsert om na te kyk en bevat o.a die snitte: “You’ll never walk alone,The Impossible Dream,Out of Africa,Havah Nagilah” en nog baie meer. Lotti tree op saam met die Golden Simfonie Orkes. Sit terug en geniet die DVD!!
 

 

KykNet Klassiek (2 cd stel)

Die samestelling bevat van die mooiste snitte in die Ligte – en Klassieke musiek genre – van vokaal tot instrumentaal. Kunstenaars soos Il Divo, Susan Boyle, Patrizio Buane,Adya Classics, Vanessa Mae en nog baie meer vertolk die mooiste musiek soos o.a. “ I dreamed a dream, What a wonderful world,The Prayer, Caruso” en nog baie meer. Twee ure se heerlike luister!!
 

 

Juan-Diego Florez: Besame Mucho

Dié bekende tenoor wat in Peru gebore is, het ‘n CD met musiek van Brasilië,Spanje,Kolombië, Peru en ander Latynse lande vrygestel. Die instrumentaliste wat saam met hom optree is van wêreld gehalte. Die CD bevat 18 snitte en sluit in: “ Cucurrucucu Paloma, Guantanamera,Besame Mucho,Sampras” en nog baie meer. Puik versameling van Latynse Musiek soos net Florez dit kan vertolk!!
https://youtu.be/
 

 

Dussek: Piano Concertos opp.3, 14, 49

Dussek was ‘n Tsjeggiese komponis en pianis. Hy was een van die eerste klavier virtuose wat reg oor Europa getoer het. Hy het konserte gehou van London na St.Petersburg tot in Milan. Dié Klavierkonserte is vir my van die mooiste konserte wat ek al gehoor het – die mooiste melodieë!!
 

 

Brahms: Symphonies 1- 4 (4 cd stel) Daniel Barenboim

Die opname het in Oktober 2017 plaasgevind met die Staatskapelle Berlyn en Daniel Barenboim as dirigent. Die Brahms simfonieë klink in sekere opsigte soos ‘n voortsetting van Beethoven se simfonieë en word as een van Brahms se belangrikste werke beskou. Sy styl het al ‘n eie stempel gehad en die 4 simfonieë word as die “kroon” van Brahms se orkesmusiek beskou. Sit terug en luister!!
 

 

My aanbeveling vir die maand:

Volksbesit (2 cd stel)

Die CD stel bevat vir snitte soos De la Rey (Bok van Blerk),Knieë lam (Eden),Voor die storm kom (Theuns Jordaan),Rede om te glo (Elvis Blue),Swart Koffie (Corlea Botha),As ek eendag oud is (Laurika Rauch),Mengelmoeskardoes (Juanita),Ons vir jou Suid-Afrika (Bok van Blerk en Robbie Wessels) en nog baie meer. Die snitte op die CD’s het is seker by die meeste Afrikaners bekend!!!
 

 
 

Musiekgroete

Heide