Nuusbrief 1/2019

Beste Musiekvriende,

A.Zimmermann: 3 Simfonieë

Hy is gebore in Bratislava en was ‘n tydgenoot van Mozart en Haydn. Zimmermann het die mooiste Simfonieë gekomponeer – en was ook ‘n violis en ‘n dirigent. Ek het sy musiek die ander dag ontdek en dit verskriklik geniet!!

 

P.Domingo: Sacred Songs

Domingo het al in 150 rolle gesing en was in 2018 50 jaar verbonde aan die MET Opera. Op hierdie CD sing Domingo gewyde liedere soos o.a. Sanctus (Gounod), Wiegenlied (Schubert), Ave Maria saam met Sissel (verwerking van die Intermezzo uit Cavalleria Rusticana ). Hierdie CD is sielsverrykend mooi!!

 

Sperger: Simfonie Nr.21, 26 en 34

Hy was ‘n Oostenrykse kontrabas speler asook ‘n komponis. Hy was ‘n baie bedrywige komponis met o.a. 44 Simfonieë, 18 Kontrabas Konserte, Kantatas en koorwerke. Ek dink hy is vir baie mense onbekend, maar het die MOOISTE musiek gekomponeer.

 

Rossini: Stabat Mater

Die besonderse koorwerk is gekomponeer vir 2 soprane, tenoor, bas , koor en orkes. Rossini het die werk vir ‘n hoë Spaanse kerklike geskryf op voorwaarde dat dit nooit gepubliseer mag word nie. Rossini moes na die opdraggewer se dood, hof toe gaan om te keer dat die erfgename dit publiseer. Puik koorwerk!

 

Mozart: Klavierkonsert Nr.20 & Klavier Sonate KV 281 – Seong-Jin Cho

Dié pianis was in 2015 die eerste Suid-Koreaan wat die XVII Internasionale Chopin Klavierkompetisie gewen het. Met die Chamber Orchestre of Europe en Y.Nezet-Seguin as dirigent, is die besonderse opname van die Mozart Klavierkonsert Nr.20 asemrowend mooi. Wat ‘n puik kombinasie tussen solis en orkes!

 

Milos Milivojevic: New Accord for life – Classical Accordion

Milos speel musiek soos o.a. Scarlatti: Keyboard Sonata K1, Mendelssohn: Orrel Sonata in d min, Sarasate: Introduction and Tarantella op. 43 wat hy vir akkordeon verwerk het. Hy beskik oor ‘n ongelooflike tegniek en ‘n mens kan nie glo hoe wonderlik die Klassieke musiek op akkordeon klink nie. Geniet dit!!

 

My aanbeveling vir die maand:

Nuwejaars Konsert 2019 met die Weense Filharmonies Orkes

Dit word definitief elke jaar beskou as die hoogtepunt in Wenen. Die 2019 konsert word gedirigeer deur Christian Thielemann – ‘n jonger generasie dirigent, wat sy stempel op die konsert afdruk. Program bestaan uit o.a. J.Strauss,Helmesberger en Ziehrer musiek. Dis ‘n aand waar die konsertgangers net kan terugsit en luister!!

 
Ek wens julle almal baie voorspoed met goeie gesondheid, vrede en liefde toe vir 2019.

Musiekgroete

Heide