Nuusbrief 1/2018

Beste Musiekvriende,

St. Paul’s Cathedral: Jubilate (500 Years of Cathedral Music)

Dié koor bestaan tans uit 30 seuns koorlede en 18 volwassenes ( kontra-tenore,tenore en basse) Dis ‘n koor met ‘n besonderse koorklank. Die cd sluit o.a. snitte in soos: “ Hear my Prayer” (Mendelssohn),” I was glad ” (Parry), “ The Lord bless you and keep you “ (Rutter) en “ The Lord is my Shepherd “ (Goodall) – Koormusiek vir die siel!

 

Telemann/ Graun/ Krebs: Hobo konserte

Die 3 Duitse Barok komponiste het ‘n aanvoeling vir die hobo gehad en die mooiste konserte vir dié instrument gekomponeer. Wanneer jy na die cd luister, besef ‘n mens weereens watter mooi warm klank die hobo het. Dis ‘n cd wat ek sterk kan aanbeveel!

 

Field: Klavierkonserte Nr. 1–7

John Field was ‘n Ierse pianis en komponis. Sy familie was baie musikaal en op ‘n jong ouderdom het hulle na London verhuis, waar John Field klavier lesse by Muzio Clementi geneem het. Dié konserte bly vir my uniek en elke keer wanneer ek na hulle luister, besef ek hoe talentvol Field was om sulke wonderlike musiek vir klavier en orkes te kon komponeer.

 

Semino Rossi: Ein Teil von mir

Semino Rossi is ‘n Argentyns-Italiaanse sanger wat nou in Oostenryk bly. Deesdae sing hy meestal in Duits en word beskou as een van die grootste stemme in ligte musiek.

 

Waldteufel: Walse

Emile Waldteufel se oupa en pa was albei musikante en sy ma was ‘n student van Hummel. Hy het ‘n klomp walse gekomponeer en anders as Johann Strauss II is sy musiek baie harmonieus met rustige frases. Hy het o.a. Estudiantina, Espana, Kamiesch Mars en die baie bekende Les Patineurs Die (Skaatser wals) gekomponeer.

 

My aanbeveling vir die maand:

DVD: Classics is groot 2017 – Die Konsert

Ons eie kunstenaars soos Jannie Moolman, Corlea Botha, Joseph Clark, Monique Steyn, Touch of Class, Coleske saam met die Classics is Groot orkes maak hierdie konsert ‘n groot sukses. Amira Willighagen het ook opgetree en was definitief een van die hoogtepunte van die aand. Visueel is dit ‘n puik vertoning en jy kan dit definitief aanskaf!!

 
 
 
Onthou om in te teken op my nuusbrief (sien sykant van bladsy) om hierdie nuusbrokkies elke maand in jou epos te ontvang!
 

Musiekgroete

Heide